Man sterf in Groblersdal-botsing

ER24-Gavin-Edwards-@gavine2009-320x212 (1)ʼn Man is Saterdag dood en drie mense is beseer in ʼn trompop-botsing in Groblersdal, Limpopo.

Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, sê ʼn BMW en ʼn Chevrolet het in Vleesboomweg reg van voor gebots. Sy sê die bestuurders van albei motors moes met meganiese toerusting uit die motors verwyder word. Die bestuurder van die BMW se toestand het vinnig agteruitgegaan en paramedici het mond-tot-mond-asemhaling op hom toegepas. Hy is kort hierna op die toneel dood verklaar. Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.