Man sterf halssnoermoord

ʼn Man het ʼn halssnoermoord gesterf in Khayelitsha, het die Wes-Kaapse polisie Maandag gesê.

ʼn Polisiewoordvoerder, November Filander, sê die man se verkoolde lyk is Sondagoggend in Harare gevind. Sy voete was vasgebind. Filander sê die man was na bewering ʼn slagoffer van sogenaamde bende-geregtigheid. Intussen is die liggaam van nog ʼn man Saterdagoggend in Lingelethu-Wes gevind. Hy het ʼn motorband om sy lyf gehad en ʼn betonblok op sy bors. Daar het bloed by sy mond en ore uitgekom. Sy voete is ook vasgebind. Filander sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Verlede week het drie mans ook in Khayelitsha ‘n halssnoermoord gesterf. Die mans is Maandagaand naby die Nkanini-spoorweg in Harare gevind, omring deur ʼn groot groep omstanders. Twee van die mans is op die toneel dood terwyl die derde man later in die hospitaal aan sy beserings beswyk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.