ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê die twee motors het reg van voor gebot waarna ʼn vragmotor in hulle vasgery het. ʼn Man het aan sy beserings beswyk voor paramedici op die toneel gekom het. Nog ʼn persoon is ernstig beseer en is saam die ander beseerdes op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling. Verkeer is erg ontwrig. Die polisie ondersoek die saak.
Man sterf in botsing in Springs
ʼn Man is dood en vier mense ernstig beseer na ‘n botsing tussen twee motors en ‘n vragmotor op die Paul Kruger-hoofweg in Geduld, Springs.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.