Man sterf in brand

ʼn 54-jarige man het verkool nadat sy huis Vrydagoggend afgebrand het. Volgens die Johannesburgse nooddienste het die brand omstreeks 05:00 in Driezek, naby Orange Farm, ontstaan.

“Die man se plakkershuis is heeltemal verwoes. Sy liggaam is tussen die puin gekry. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie,” het Synock Matobako, ʼn woordvoerder, gesê.

Niemand anders is in die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.