Man sterf in derde treinongeluk vir die naweek

ʼn Man in sy twintigs is dood nadat hy Sondagaand in Nelspruit deur ʼn trein getref is.

Derrick Banks, woordvoerder van ER24 sê die liggaam was onder die trein toe die noodreddingspan opgedaag het. Hy het traumatiese en noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Owerhede op die toneel sal die omstandighede wat tot die man se dood gelei het, ondersoek.

Dit is die derde trein-ongeluk die afgelope naweek. ʼn 10-jarige dogtertjie is Vrydagmiddag ernstig beseer toe sy in Krugersdorp van ʼn platform af op ʼn bewegende trein wou spring en ʼn man in sy 20s is Vrydagaand dood na ʼn trein hom in Denver, oos van Johannesburg, getref het. Klik hier en hier om dié berigte te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.