Man sterf in Germiston-botsing

ʼn Man is dood en vyf ernstig beseer nadat die bakkie waarin hulle gery het, laat Saterdagaand teen ʼn lamppaal in Germiston gebots het.

Volgens Jeffery Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, het die ongeluk in Olivierweg naby die Webberweg-kruising in Lambton Gardens gebeur. Na wat verneem word, het die bakkie die pad verlaat waarna dit teen die lamppaal gebots het.

“Volgens ooggetuies het die bakkie skielik vir iets uitgeswaai, oor die randsteen gery en teen die paal gebots,” het Wicks gesê.

Een man is op die toneel dood verklaar. Vyf ander mans is op die toneel stabiliseer en na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.