Man sterf in gru-botsing

Een man is dood en ses ander mense is beseer, waarvan twee kritiek, nadat twee voertuie Saterdagaand reg van voor op die R509-pad naby Magaliesburg, Noordwes, gebots het.

Jeffrey Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê dit wil voorkom of een van die voertuie voor aankomende verkeer in gery het. “Een persoon het reeds aan sy beserings beswyk toe paramedici by die toneel opgedaag het. Ses ander insittendes is ernstig beseer en hulle is naby die onderskeie voertuigwrakke aangetref. Die twee persone wat kritiek beseer is, is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na die Leratong-hospitaal geneem. Die ander vier pasiënte is na ander hospitale in die omgewing gehaas,” het Wicks gesê

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.