Man sterf in gru-botsing

ʼn Man is dood en vier mense beseer na vyf motors in ʼn ongeluk betrokke was op D.F Malan-rylaan naby Van der Hoff-weg in Pretoria.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê twee motors het langs die pad gestaan terwyl ʼn man aan een van die motors gewerk het wat onklaar geraak het. Drie ander motors het in die stilstaande voertuie vasgery. Die man is tussen twee motors vasgedruk en het op die toneel aan sy beserings beswyk. Die vier ander beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere behandeling. Die pad is gesluit en verkeer is erg ontwrig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.