Man sterf in heli-ongeluk

ʼn Man is dood nadat ʼn helikopter naby Sun City in Noordwes neergestort het.

ʼn Woordvoerder van die polisie, brig. Thulani Ngubane, sê ʼn 32-jarige man is dood nadat die helikopter waarin hy gevlieg het ʼn kabel getref het in ʼn “geen-vlieg-sone”. Ngubane sê die man het van die Wonderboom-lughawe in Pretoria opgestyg in ʼn Robinson 22. Hy was glo onderweg na Bakubunt. Die ongeluk het omstreeks 9:00 vanoggend plaasgevind. Ngubane sê die vlieënier was die enigste persoon in die helikopter. Hy is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.