Man sterf in KZN-ongeluk

ʼn Man is Donderdagoggend dood nadat sy voertuig op Old Mainweg in Botha’s Hill in KwaZulu-Natal, gerol het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk het omstreeks 04:42 plaasgevind. “Die man het beheer oor die voertuig verloor, waarna dit die pad verlaat en verskeie kere gerol het,” het Botha gesê.

Die man was in die voertuig vasgekeer en moes uit die wrak gesny word. “Kort nadat hy bevry is het hy ʼn hartstilstand gehad. Paramedici het gespook om hom weer by te kry, maar hy het ongelukkig op die toneel gesterf weens sy erge beserings.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.