Man sterf in Midrand-botsing

Foto: ER24

‘n Man is Woensdagaand dood nadat sy voertuig teen ‘n bakkie in ‘n kruising in Midrand gebots het.

Volgens ER24 het die ongeluk in die kruising van die R562-pad en Maneweg gebeur.

“Dit is nie duidelik wie die ongeluk veroorsaak het nie. Albei die voertuie het gelyktydig die kruising binnegegaan en gebots. Die bestuurder van die voertuig is opslag dood en sy liggaam moes uit die wrak gesny word. Drie ander pasiënte van die voertuig en die bakkie is op die toneel vir ernstige beserings behandel. Hulle is na ʼn nabygeleë hospitaal  geneem vir verdere mediese sorg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.