Man sterf in motorfietsongeluk

Foto: ER24

ʼn 26-jarige man is dood nadat sy motorfiets Maandagoggend met ‘n wit Nissan Sentra gebots het in Potchefstroom in Noordwes.

ʼn Woordvoerder van ER24, Vanessa Jackson, sê die botsing het op die hoek van Govan Mbeki en Chris Hani straat plaasgevind. Jackson sê die man is van die motorfiets gegooi en het oor die motor se enjinkap en windskerm gerol voor hy op die pad te lande gekom het. Die man is op die toneel dood verklaar. Die drie insittendes in die motor is vir ligte beserings op die toneel behandel. Dit is nog nie duidelik wat die botsing veroorsaak het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Adele ·

ons harte gaan uit aan die familie! Ek sal nie sy naam noem nie in respek vir die feit dat dit nognie publiek gemaak is nie maar ons dra jou in ons gebede. Aan sy familie: Die Here het jul engel-kind gekies om gedurende Kersfees aan sy regter hand te sit. Hys veilig en gelukkig in God se hande.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.