Man sterf in mynongeluk

diamondmine-320x240ʼn Man is dood na ʼn ongeluk by AngloGold Ashanti se Carletonville-myn aan die Wes-Rand.

“Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die oorledene, ʼn elektrisiën, noodlottig gewond is tydens ʼn insident met swaar toerusting,” het die myn in ʼn verklaring gesê. Die voorval word ondersoek en die bestuur van die myn het intussen alle aktiwiteite rakende die skuif van swaar toerusting ondergronds stopgesit. “AngloGold Ashanti wil graag sy meegevoel met die familie, vriende en kollegas van die oorledene betuig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.