Man sterf in ongeluk buite Ladybrand

Dié foto van ER24-voertuie is deur die gebruiker @gavine2009 op Twitter gelaai.

‘n 40-jarige man is Saterdagaand dood ná ‘n botsing met ‘n vragmotor op die N8 buite Ladybrand in die Vrystaat.

Die ongeluk het omstreeks 19:00 sowat 15 km buite Ladybrand by die Hobhouse-kruising plaasgevind en omstanders het dadelik ER24 se hulp ontbied. “Die Volkswagen Polo, waarin die man gery het, is só hard deur ‘n vragmotor getref dat die breedte van die voertuig halveer is,” het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24 gesê. Die man was alleen in die voertuig. Die man was reeds dood toe paramedici op die toneel gekom het en die brandweer moes hom met lewenskake uit die wrak sny.

Die vragmotor het glo sy vrag in Lesotho afgelaai en was op pad terug na Bloemfontein toe die ongeluk plaasgevind het. Die bestuurder van die vragmotor, en enigste insittende, is nie in die ongeluk beseer nie.

Plaaslike owerhede sal die oorsaak van die ongeluk ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.