Man sterf in ongeluk toe polisie hom aftrek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is dood en ʼn vroulike polisiebeampte is Saterdag in Pretoria ernstig beseer na ʼn voertuig in hulle vasgejaag het, het paramedici gesê.

“Die polisie het ʼn voertuig van die pad afgetrek, en terwyl die bestuurder en die beampte met mekaar gepraat het, het ʼn ander voertuig in hulle vasgejaag,” het Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare911 gesê. Toe paramedici omstreeks 05:30 by die toneel in Lynnwoodweg opgedaag het, is die bestuurder reeds dood. Die beampte het ernstige beserings opgedoen, is op die toneel stabiliseer en toe na die Netcare Pretoria-Oos-hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.