Man sterf in Potch-ongeluk

Foto: ER24

ʼn Man is dood en ses mense is beseer na ʼn ongeluk op die N12 buite Potchefstroom in Noordwes.

Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, sê die botsing tussen ʼn afleweringsvoertuig en twee ander motors het omstreeks 18:00 Vrydagaand plaasgevind. Jackson sê een van die motors het na die ongeluk die pad verlaat en aan die brand geslaan. Omstanders het die bestuurder uit die brandende motor getrek. Hy is egter op die toneel dood verklaar. Drie mans, twee vroue en ʼn sesjarige seuntjie is ook in die botsing beseer en is na die Potchefstroom-Mediclinic geneem vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.