Man sterf in Pretoria

Een persoon is dood nadat ʼn taxi vandag op die N14 in Gauteng gerol het.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk in Erasmia, Centurion, plaasgevind. Dit is nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie. Toe paramedici op die toneel kom, het hulle die taxi se wrak op die eiland van die deurpad gekry. Die bestuurder is uit die voertuig geslinger en is op slag dood.

“Ses passasiers is ernstig beseer. Twee passasiers is vir geringe beserings behandel,” het Botha gesê.

ʼn Vrou is met ʼn helikopter na die Steve Biko-hospitaal geneem. Die res van die passasiers is met ambulanse na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling. Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.