‘n Skermswewer is Donderdagmiddag dood nadat hy in die grensmuur van ‘n huis in Bantrybaai in Kaapstad vasgevlieg het.
“Die bure het die paramedici ontbied. Die man het op die sypaadjie gelê,” het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, gesê. Paramedici het probeer om die man te stabiliseer nadat hulle hom uit sy toeruisting losgesny het. Hy is op die toneel in Alexanderweg dood verklaar. Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.