Man sterf in valskermongeluk

Roelof Hattingh (39) is Saterdag dood tydens ʼn valskermongeluk in Carletonville, wes van Johannesburg.

ʼn Woordvoerder van die Valskermspring Vereniging van Suid-Afrika, Mark Bellingan, sê Hattingh het Saterdagmiddag ʼn solo sprong gedoen toe die ongeluk plaasgevind het. Bellingan sê Hattingh het twee kilometer van die landingsarea neergestort. Hattingh se valskerm het opgegaan. Hy is op die toneel dood verklaar. Hy het ernstige beserings opgedoen maar die oorsaak van dood is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.