Man sterf in Kempton Park-botsing

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Woensdagaand in ʼn botsing in Kempton Park, Johannesburg oorlede.

Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk in Zuurfonteinweg plaasgevind. “Die man is op slag dood nadat hy agter in ‘n swaarvoertuig vasgery het,” het Steinmann gesê. Die bestuurder van die vragmotor is ongedeerd.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie van Niekerks ·

Kan iemand asseblief vir my verduidelik hoekom julle praat van Kempton Park, Johannesburg? Kempton Park is nie deel van Johannesburg nie. Dit is deel van Ekurhuleni en het stadstatus op sy eie, so hoekom mislei julle die mense?

JAVR ·

Dankie Sarie, Dis iets wat ek ook al lankal opmerk en het maar besluit as dit hulle gelukkig maak moet hulle maar aangaan!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.