Man sterf, kinders kritiek ná Benoni-botsing

Foto: ER24

Een persoon is dood en vyf ander, waaronder drie kinders, het ernstige en kritieke beserings opgedoen nadat ʼn bakkie en ʼn voertuig Maandagaand reg van voor teen mekaar in Benoni, oos van Johannesburg, gebots het.

Werner Vermaak, ʼn woordvoerder van ER24, het Dinsdagoggend gesê albei voertuie het ernstige skade tydens die botsing opgedoen. “Drie kinders, tussen die ouderdom van agt en 11, het kritieke beserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Vermaak gesê.

Die bestuurder van die voertuig was in die wrak vasgekeer en moes uit die voertuig gesny word. “Ten spyte van alle pogings van die brandweer en paramedici om die man se lewe te red, is hy dood verklaar kort nadat hy uit die wrak bevry is,” het Vermaak gesê.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.