Man sterf na bakkie by Waterfront in see stort

Foto: Paula Leech/NSRI

ʼn Man is dood nadat die bakkie waarin hy gery het in die see beland het by die V&A Waterfront in Kaapstad.

Pat van Eyssen, die Nasionale Seereddingsinstituut se stasiebevelvoerder by Tafelbaai, sê die voorval het Sondagmiddag plaasgevind. “Met ons aankoms op die toneel is dit bevestig dat ʼn bakkie in die see beland het. Daar was twee mans in die voertuig ten tyde van die voorval.” Eyssen sê die passasier kon daarin slaag om homself uit die voertuig te bevry. Hy is nie beseer nie en is vir skok behandel. Hy sê die ander man was in die voertuig vasgekeer en is bevry nadat die venster stukkend geslaan is. Die man is egter op die toneel dood verklaar. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.