Man sterf ná brand 80 huise verwoes

Argieffoto

ʼn Man het Donderdag in die vroeë oggendure in Johannesburg verkool.

Robert Mulaudzi, ʼn woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, sê ʼn brand het omstreeks 02:00 in die Zamimpilo informele nedersetting in Riverlea uitgebreek. Altesaam 80 plakkershuise is verwoes.

“Die man, in sy 50s, se liggaam is gevind nadat daar later deur die puin gegaan is,” het Mulaudzi gesê.

Volgens Mulaudzi moes tien mense vir rookinaseming behandel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.