Man sterf ná ‘brandstigting’ op boot

Die foto is deur @Sokkies91 op Twitter gelaai.

ʼn Viëtnamese man is dood na ʼn Koreaanse vissersboot in Kaapstad-hawe glo aan die brand gesteek is.

Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van Kaapstad-rampbestuur, sê Ho Xuan Tung het onherkenbaar verbrand. Hy sê 25 bemanningslede is gered. Volgens Solomons-Johannes het brandbestryders Saterdagaand deur die nag gewerk om die brand onder beheer te bring. Die bemanningslede word tans by die Seemansklub gehuisves. Hulle is onder meer van Taiwan, China, Viëtnam en Korea afkomstig. Solomons-Johannes sê dit blyk dat die boot met opset aan die brand gesteek is na ʼn bakleiery tussen twee groepe vissermanne uitgebreek het. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.