Man sterf ná glaspanele hom tref

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Man is Dinsdagaand naby Tzaneen in Limpopo dood en twee is beseer in wat paramedici as ʼn fratsongeluk beskryf.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het Woensdag aan Maroela Media gesê die voorval het op die R36-pad plaasgevind.

“Drie mans het geryloop en is ʼn geleentheid op ʼn bakkie aangebied,” het Meiring gesê. “Die bakkie waarop die mans was het agter ʼn ander voertuig gery wat glaspanele vervoer het.”

Meiring het gesê volgens inligting van die toneel het die glaspanele losgekom en van die voorste voertuig afgewaai. “Die panele het glo die mans agter op die bakkie getref en hulle van die bewegende voertuig afgeslinger. Dit is nie bekend of hulle moontlik agter op die bakkie gestaan het nie.”

Paramedici het albei mans in die middel van die pad aangetref toe hulle by die toneel opgedaag het. Albei voertuie en hul insittendes was ook op die toneel.

“Die mans is op die toneel gestabiliseer en na die Letaba-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Een van die mans het met sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ian ·

Dit is geen fratsongeluk nie! Die persone het nie die vrag behoorlik vasgemaak nie en daardeur twee mense se dood veroorsaak!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.