ʼn 49-jarige man van Plettenbergbaai is Dinsdagoggend in ʼn haai-aanval dood by die Keurboomsriviermond by Lookout-strand.
Volgens berigte is Tim van Heerden Dinsdagoggend omstreeks 9:00 deur die haai aangeval en het hy sy been in die aanval verloor. ʼn Woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), Craig Lambinon, het aan Nuus24 gesê dokters het ure lank gespook om die man lewe te probeer red. Lambinon kon nie bevestig watter tipe haai Van Heerden aangeval het nie maar volgens ooggetuies het dit na ʼn klein witdoodshaai gelyk. Die NSRI het ʼn beroep gedoen op mense om nie in die Pletterbergbaai-area te swem nie.