Man sterf ná haai-aanval

Sien ook Haai-aanval: “Dit was afgryslik”

Op die foto wat deur @Sven110975 op Twitter gelaai is kan daar gesien word hoe 'n haai steeds in die gebied rondswem.

ʼn Man is Donderdagmiddag dood nadat hy deur ʼn haai aangeval is by Dappat se Gat by Kogelbaai, tussen Gordonsbaai en Rooi Els.

Die jong man en sy broer het glo lyfplank gery toe hy kort voor 13:00 deur ʼn grootwithaai aangeval is. ʼn woordvoerder van die Stad Kaapstad, Kylie Hatton, sê die man was glo in sy vroeë 30’s. Sy sê die strand is intussen gesluit aangesien daar steeds haaie in die water is. Intussen het ʼn woordvoerder van die Kaapse brand-en-reddingsdienste, Theo Layne, aan EWN gesê dat die man reeds dood was toe nooddienste op die toneel opgedaag het.

Daar was die afgelope ruk groot ongelukkigheid oor ʼn Amerikaanse haaikenner wat haaie vang en met elektroniese opspoorders merk. Chris Fischer het verlede week uit Kaapstad vertrek om haaie in Valsbaai te gaan vang en merk. Hy het ’n permit verkry om navorsing te doen oor haaie. Daar is ook veral kommer oor die aantal haai-lokaas wat vir 20 dae se navorsing in Valsbaai toegelaat is. Fischer word glo toegelaat om vyf ton haai-lokaas te gebruik. Daar is onder meer kommer dat die lokaas tot gevolg sal hê dat haai in die gebied ingelok sal word waar mense swem. Die projek was vir die opneem van ‘n dokumentêre program. Die departement van omgewingsake het intussen volgens berigte die projek stopgesit.

In September verlede jaar is Douglas Drysdale (61) deur ʼn grootwithaai by Vishoek-strand aangeval. Sy regterbeen is bo die knie afgebyt en sy linkerbeen gedeeltelik onder die knie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.