Man sterf ná hy agter in trok vasry

ambulans-320x214ʼn Man is dood en twee mense is beseer nadat ʼn voertuig Maandagaand in KwaZulu-Natal agterin ʼn swaarvoertuig vasgery het.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk op die N3-snelweg naby die Liberty Mall plaasgevind.

“Die impak van die ongeluk was so erg dat die swaarvoertuig omgeslaan het,” het Botha Dinsdag gesê.

Die bestuurder van die voertuig is op slag dood. “Die bestuurder en ʼn passasier van die swaarvoertuig het geringe beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trippie ·

Goeiste, in twee dae se tyd, 3 – 4 berigte van motors wat van agter af teen vragmotors bots, en dis maar net dié wat deur Maroela deurgegee word.

Naal de Koker ·

Dit is verskriklik!! Hoe dit gebeur slaan my dronk, OF die vragmotor het geen ligte of reflekteerders agter nie, OF die trok het oorbeweeg na die vinnige baan, terwyl die motor aankom, en dus direk voor hom in, OF natuurlik spoed/drank…Dit bly verskriklik tragies

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.