Man sterf ná hy kakkerlakeet-kompetisie wen

Edward Archbold. Foto: Facebook

ʼn 32-jarige man is dood nadat hy Vrydagaand aan ʼn kakkerlakeet-kompetisie deelgeneem en gewen het.

NBC News berig Edward Archbold, van Florida in Amerika, was Vrydagaand die ster van die partytjie by Deerfield Beach, ʼn bietjie windmakerig en was reg om enigiets te doen, selfs om aan ʼn kompetisie deel te neem om kakkerlakke en ander insekte te eet.

Hy het die kompetisie gewen, waarvan die prys ʼn luislang was, maar het kort daarna gesterf. Ná die kompetisie het hy begin siek voel en begin braak. Hy het in ʼn winkel ineengestort en is later dood verklaar. Die polisie van Deerfield Beach gaan ʼn nadoodse ondersoek doen om die oorsaak van sy dood te bepaal.

Lees meer hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.