ʼn 32-jarige man is dood nadat hy Vrydagaand aan ʼn kakkerlakeet-kompetisie deelgeneem en gewen het.
NBC News berig Edward Archbold, van Florida in Amerika, was Vrydagaand die ster van die partytjie by Deerfield Beach, ʼn bietjie windmakerig en was reg om enigiets te doen, selfs om aan ʼn kompetisie deel te neem om kakkerlakke en ander insekte te eet.
Hy het die kompetisie gewen, waarvan die prys ʼn luislang was, maar het kort daarna gesterf. Ná die kompetisie het hy begin siek voel en begin braak. Hy het in ʼn winkel ineengestort en is later dood verklaar. Die polisie van Deerfield Beach gaan ʼn nadoodse ondersoek doen om die oorsaak van sy dood te bepaal.
As jy dom is, moet jy suffer!