ʼn Voetganger is Dinsdagaand in KwaZulu-Natal dood nadat hy deur twee voertuie raakgery is.
Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die man het die M4-deurpad naby die Umhlanga-rivier se brug probeer oorsteek. “Volgens ooggetuies is die man deur ʼn voertuig getref waarna hy in die aankomende verkeer se baan beland het waar nog ʼn voertuig hom raakgery het,” het Botha gesê.
Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.