Man sterf na hy uitswaai vir hond, bus tref

Cornell Lourens en sy verloofde Bijanca Bezuidenhout. Foto: Facebook

Die man wat verlede week vir ’n hond uitgeswaai en teen ’n Putco-bus gebots het, is in die hospitaal dood.

Beeld berig dat Cornell Lourens (22) glo sy nek gebreek en ernstige breinskade opgedoen het. Volgens die berig is Lourens deur masjiene aan die lewe gehou en is dit die aand na die ongeluk afgeskakel. Lourens het glo Vrydagoggend in Sefako Makgatho (Zambesi)-rylaan in die noorde van Pretoria gery toe hy vir ʼn hond uitgeswaai en teen ʼn Putco-bus gebots het. Die busbestuurder het beheer verloor en die bus het deur ʼn heiningmuur gebars. Bijanca Bezuidenhout, Lourens se verloofde, het op Facebook geskryf: “Ek mis jou my man ek kan die pyn en getreur nie meer hanteer nie ! Vra tog vir Liewe Jesus of hy my nie ook ma wil kom haal nie asb my beertjie dan kan ons saam onder die roomys boom wees!! Ek mis jou arms om my! Jou sage woorde so sag, jou lippe teen myne ,jou ly so sag, ek smag na jou glimlag , jou stem wat weergalm in my kop , jou liefde wat vir my uitsrtraal als van jou wat my aan die gang gehou het! Maar wat het ek nou net gedates wat my laat treer ! Ai my liefste beetjie engel hoekom moes jy my los? Ek mis jou my man! Als van jou! (sic)” Lourens word vandag begrawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Moenie uitswaai vir diere op die pad nie. Indien dit veilig is (geen ander voertuig kort agter jou nie), trap rem, maar moenie woes uitswaai nie. ‘n Dooie dier en ‘n stukkende buffer of verkoeler is baie minder skade as ‘n dooie bestuurder of passasier.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.