Man sterf ná hy van bakkie geslinger word

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

ʼn Man in sy 50s is dood nadat hy Maandagaand van die agterkant van ʼn bakkie, wat nie ʼn kappie op gehad het nie, geslinger is.

Luyanda Majija, ʼn woordvoerder van ER24, het Dinsdag gesê die ongeluk het op die R37 Longtom-pas, sowat 25km buite Lydenburg in Mpumalanga plaasgevind.

“Daar was erge mis in die gebied. Die bestuurder van die bakkie het beheer oor die voertuig verloor en dit het van die pad af gegaan,” het Majija gesê. “Die oorledene en ses ander passasiers het agterop die bakkie gesit. Hulle is almal uit die voertuig geslinger.”

Die man is weens erge hoofbeserings dood. Een van die ander passasiers het kritieke beserings opgedoen. Die kritiek-beseerde pasiënt is op die toneel gestabiliseer en na die Rob Ferreira-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

“Die res van die slagoffers, waaronder twee sesjarige kinders, het geringe tot matige beserings opgedoen. Hulle is na die Sabie-provinsiale hospitaal geneem vir verdere behandeling en waarneming.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Rob Ferreira ….. daai ou gaan dit nie maak. Dis die swakste en vuilste hospitaal in die land! Loshand!! Inteendeel Rob Ferreira het die standaard gestel hoe n hospitaal NIE moet wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.