Man sterf ná hy van verdrinking gered is

Argieffoto Foto: NSRI

‘n 20-jarige man wat Woensdag by Houtbaai deur die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) van verdrinking gered is, het Donderdag by die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad gesterf.

“Pogings deur die mediese personeel om die man te red was onsuksesvol,” het Wilfred Solomon-Johannes, woordvoerder vir die stad se rampbestuureenheid, gesê. “Die dokter het Siphamamndla Jamce van Imizamo Yethu-informele nedersetting om 04:45 dood verklaar.”

‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van sy dood te bepaal. Die NSRI het vroeër gesê die man het in die moeilikheid beland toe hy saam met ‘n vriend in ‘n rivier geswem het. “Sy vriend het hom probeer help, maar was self nie ‘n goeie swemmer nie en het gesukkel om homself te help,” het Andrew Ingram, woordvoerder van die NSRI, gesê. Volgens Ingram het NSRI-vrywilligers die man in 2m-diep water opgespoor. Hulle het hom uit die rivier gehaal en KPR toegepas totdat paramedici by die toneel aangekom het. Hy is in ‘n kritieke toestand na die Groote Schuur-hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.