Man sterf na hy voor trein beland

ʼn Man is dood en sy lyk vermink nadat hy Maandagoggend voor ʼn trein beland het by die George Goch-stasie in Johannesburg.

ʼn Woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, Robert Mulaudzi, sê die man was glo op pad werk toe en het gehardloop om ʼn trein te vang. Die man is glo deur die trein omgeslaan terwyl hy nog op die platform was. “Sy liggaam is vermink en hy is op die toneel dood.” In nog ʼn voorval is ‘n veiligheidswag Saterdagoggend by die Tooronga-treinstasie in Johannesburg dood nadat hy voor ʼn trein beland het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.