ʼn Man is Donderdagmiddag dood nadat ʼn kragboks by ʼn kragstasie in Johannesburg ontplof het.
Robert Mulaudzi, ʼn woordvoerder van die Johannesburg-nooddienste, sê die voorval het by ʼn kragstasie in Eldoradopark, suid van Soweto, plaasgevind.
“Dit is nie bekend hoekom die 30-jarige man in die omgewing van die ontploffing was nie. Hy was nie ʼn werker van die stad se elektrisiteitsdienste nie,” het Mulaudzi gesê.
Die man is op die toneel dood verklaar.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Hy het kragkabels probeur steel