Man sterf na ligte vliegtuig neerstort

Foto: Google Maps

Foto: Google Maps

ʼn Man is dood nadat sy ligte vliegtuig Saterdagmiddag naby ʼn vliegveld tussen Infanta en Swellendam in die Wes-Kaap neergestort het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê die Wes-Kaapse nooddienste en munisipale brand- en reddingseenhede is omstreeks 13:15 van die ongeluk verwittig. “Die vliegtuig het glo kort nadat dit opgestyg het weer neergestort.” Lambinon sê met paramedici se aankoms op die toneel is die vlieënier in die vliegtuig gevind. Hy is op die toneel dood verklaar. Die voorval word deur die Burgerlugvaartowerheid ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.