Man sterf na motor agt meter ver val

'n Man is dood en nog twee ander ernstig beseer nadat hulle motor van 'n brug in Pretoria afgery het. Nog twee insittendes het ligte beserings opgedoen. Foto: roadsafety.co.za

ʼn Man is dood en twee ander persone is ernstig beseer nadat hulle motor van ‘n brug in Eeufeesweg, Pretoria afgery het, het ER24 Donderdagoggend gesê.

Die Honda het agt meter ver geval en op sy wiele in Trichardtweg tot stilstand gekom. Volgens Vanessa Jackson, die woordvoerder vir ER24, het nooddiensbeamptes een van die insittendes dood op die toneel aangetref. Die bestuurder het ernstige kopbeserings opgedoen en die ander insittende het verskeie gebreekte bene gehad. Nog twee insittendes het minder ernstige beserings opgedoen.

Die saak word tans deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.