Man sterf na motor deur skoolhek bars

ʼn Man is dood nadat hy Vrydagoggend met sy motor deur ʼn hek by ʼn skool in Elsiesrivier in Kaapstad gebars het.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Frederick van Wyk, sê die man het glo beheer verloor oor sy motor en deur ʼn agterhek gebars by die J.S. Kloppers Laerskool. Hy sê die man het teen ʼn stel trappe langs ʼn klaskamer vasgery. Die man is op die toneel dood. Volgens berigte is twee kinders beseer en na nabygeleë hospitale geneem. Die voorval het omstreeks 11:00 Vrydagoggend plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.