Man sterf na motor teen boom bots

Foto: ER24

ʼn Man is Sondag dood nadat sy motor in Melkbosstrand naby Kaapstad teen ʼn boom gebots het.

Volgens ER24 het die ongeluk op Ou Darlingweg naby die M19 plaasgevind. Paramedici sê die man, vermoedelik in sy 50’s, was steeds in die motor vasgekeer met hul aankoms op die toneel. Die man het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die man was alleen in die motor. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.