Man sterf na motor teen brug bots

Foto: ER24

ʼn Man is dood nadat sy motor vroeg Donderdagoggend teen ʼn brug gebots het op die N14 tussen Pretoria en Krugersdorp.

Paramedici van ER24 sê die man se motor het teen ʼn wal afgerol en op ʼn ander pad te lande gekom nadat hy teen die brug gebots het. Volgens ER24 was die man in die wrak van die motor vasgekeer en is hy op die toneel dood verklaar. Sy liggaam is deur die brandweer uit die motor se wrak gesny. Dit is nog nie duidelik wat veroorsaak het dat die man beheer verloor het oor die motor nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.