Man sterf na motor teen muur bots

Foto: Rescue Care/Twitter

ʼn Man is dood nadat hy beheer verloor het oor sy motor en dit teen ʼn huis se muur gebots het in Coedmore, KwaZulu-Natal.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, sê die bestuurder het beheer verloor waarna die motor omgeslaan en teen ʼn huis se muur tot stilstand gekom het. “Die bestuurder van die motor was in die wrak vasgekeer en paramedici kon nie by hom uitkom nie weens die manier waarop die motor gelê het.” Brandbestryders kon daarin slaag om die man uit die wrak te verwyder maar hy het reeds aan sy beserings beswyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.