Man sterf ná motor teen stilstaande trok bots

ʼn 52-jarige man is Donderdagoggend dood nadat sy voertuig glo teen ʼn stilstaande vragmotor in Vereeniging gebots het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het omstreeks 05:00 op die R59-pad gebeur. “Die impak van die botsing was so erg dat die bestuurder van die swaarvoertuig ook verskeie beserings opgedoen het,” het Jackson gesê.

Die man het in die rigting van Alberton gery toe hy teen die vragmotor gebots het. Die vragmotor het na bewering in die pad stil gestaan.

“Die bestuurder van die voertuig was alleen in die motor. Hy is op slag dood en sy liggaam moes uit die voertuig se wrak gesny word,” het Jackson bygevoeg.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.