Man sterf na motorfiets boom tref

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Motorfietsryer is dood nadat hy met sy motorfiets teen ʼn boom vasgery het in Randburg, noordwes van Johannesburg.

Volgens paramedici van ER24 het die ongeluk omstreeks 5:00 Saterdagoggend in Crossstraat plaasgevind. Die bestuurder van die motorfiets is op die toneel dood verklaar nadat hy ernstige kopbeserings, ʼn gebreekte nek en verskeie interne beserings opgedoen het. Sy passasier het die ongeluk oorleef maar is in ʼn kritieke toestand. Hy het verskeie beenbreuke opgedoen en baie bloed verloor. Hy is na die Charlotte Maxeke-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.