Man sterf ná swaarvoertuig hom tref

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Jong man is Dinsdagaand in KwaZulu-Natal dood toe ʼn swaarvoertuig hom getref het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het Woensdag gesê die ongeluk het op die N3-snelweg in Pietermaritzburg plaasgevind.

“Die voetganger wou die hoofweg oorsteek toe die 18 wiel-swaarvoertuig hom getref het,” het Jackson gesê.

Die man het veelvoudige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.