Man sterf na trein motor tref

Foto: ER24

ʼn Man is Woensdag dood nadat ʼn trein sy motor getref het op ʼn spoorwegkruising buite Potchefstroom in Noordwes.

ʼn Woordvoerder van ER24, Derrick Banks, sê die man het glo die spoorwegkruising met sy Toyota Corolla probeer oorsteek toe dit omstreeks 9:10 Woensdagoggend deur die trein getref is. Banks sê die motor is erg beskadig aan die passasierskant. Hy sê die voertuig het op sy wiele gestaan maar dat hulle vermoed dit het moontlik gerol. Die motor is glo sowat 150 meter ver deur die trein gesleep. Die bestuurder, glo in sy 30’s, is in die motor gevind en het ernstige beserings opgedoen. Hy is op die toneel dood. Niemand in die trein is beseer nie. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.