Man sterf ná trok in hawe beland

Foto: NSRI

ʼn Man het verdrink nadat die vragmotor wat hy bestuur het Sondag in die see by Durban-hawe beland het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê die vragmotor het ʼn houer vervoer toe die bestuurder glo beheer verloor en teen die kant van ʼn skip gebots het en die vragmotor in die see beland en begin sink het. Paramedici van Netcare911 het die bestuurder, ʼn man in sy 20’s, op die toneel dood verklaar nadat sy liggaam deur die polisie se soek- en reddingsduikers uit die see gehaal is. Die polisie het die vragmotor uit die water gehaal en ondersoek die voorval.

Foto: NSRI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.