Man sterf ná veghond hom aanval

ʼn Bejaarde man is dood nadat hy deur ʼn Amerikaanse veghond aangeval is in Sherwood in KwaZulu-Natal.

ʼn Polisiewoordvoerder, kol. Jay Naicker, sê Allan Lanton (60) se arm is erg verskeur en hy het Dinsdag aan sy wonde beswyk. Lanton is op sy eiendom aangeval en die polisie is ontbied nadat die hond se eienaar en ʼn buurman nie daarin kon slaag om die hond van Lanton af te kry nie. Naicker sê die hond is deur die polisie doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.