Man sterf na vliegtuig neerstort

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is dood nadat sy ligte vliegtuig Saterdagoggend by die Heidelberg-vliegveld neergestort het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê die man was alleen in die vliegtuig en is op die toneel dood verklaar. Sy sê geen verdere besonderhede was onmiddellik bekend nie. “Die presiese besonderhede rakende die oorsaak van de ongeluk en daaropvolgende gebeure sal deel vorm van ʼn ondersoek deur die Burgerlugvaartowerheid,” sê Steinmann.

Die ongeluk kom kort nadat ʼn ligte vliegtuig verlede week by die Lanseria-lughawe neergestort het. Drie mense is in die ongeluk dood. Een persoon is dood nadat ʼn ligte tweeman-vliegtuig einde verlede maand by die Wonderboom-lughawe in Pretoria neergestort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Dit is kommerwekkend hoe baie vliegongelukke daar deesdae is. Net n gedagte. Het vliegopleiding nie dalk n gelmakery geword nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.