Man sterf na vliegtuig neerstort

ʼn Man is dood en nog een is ernstig beseer na hulle ligte vliegtuig naby Groblersdal in Limpopo neergestort het.

ʼn Woordvoerder van ER24, Andre Visser, sê paramedici is Maandagmiddag ontbied na die R555 na berigte van ʼn motorongeluk. Visser sê toe paramedici op die toneel aankom het hulle egter gevind dit was ʼn ligte vliegtuig wat naby die pad neergestort het. “Een van die mans was steeds in die vliegtuig terwyl die ander buite die vliegtuig gesit het. Die man in die vliegtuig, glo in sy 60’s, het nie meer asemgehaal nie en is kort nadat hy uit die vliegtuig verwyder is oorlede.” Visser sê die ander man is vir rug-, nek- en borsbeserings sowel as gebreekte bene behandel voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.